Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Kom ons vra bietjie vir mekaar, op ‘n ligte noot, wat is die ding wat jy eerste in die oggend doen? Stoei jy met die “ snooze-knoppie” van jou wekker? Maak jy dalk eerste seker wat die weervoorspelling sê, of is jy in die geledere wat eerste na die ketel toe stap, om koffie in die bloedstroom te kry?
In Genesis 28 lees ons dat Jakob vroeg in die oggend opgestaan het om 'n gelofte aan God by Bet-el af te lê. God het vir Moses gesê: "Wees gereed in die oggend en kom in die oggend op na die berg Sinai." Dawid het ook vroeg in die oggend opgestaan vir aanbidding, gebed en meditasie.
Op die eerste Sondagoggend na Paasfees het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gegaan waar Jesus begrawe was. En dit is waar hulle die opgestane Here ontmoet het! Die lewe is gejaagd, maar ek en jy kan Hom ook vroeg in die oggend ontmoet.
Dit herinner my aan Klaagliedere 3:22 “Die sagte goedheid van YHVH hou sekerlik nooit op nie en Sy liefdevolle omgee faal nooit nie; hulle is nuut, elke oggend; U getrouheid is groot.”
Sal jy dit oorweeg om die keuse te maak, dat die eerste oomblikke van jou oggend opsy gesit word, om alleen met God in Sy Woord en in gebed te wees? Dit gaan beteken dat jy nie alleen deur jou dag hoef te gaan nie!
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Bybel, Stiltetyd