Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

Net nadat Lorna haar drankverslaafde man van 21 jaar verlaat het, het sy een van Revive Our Hearts se boodskappe gehoor. Sy het daar gehoor hoe God bereid is om al ons sondes te vergewe. Nie lank daarna het sy tot bekering gekom en Jesus as haar verlosser aangeneem. 

Boonop het sy net na haar bekering, gehoor dat haar man ‘n hartaanval gehad het en in die hospitaal was. God het haar oortuig om haar man te gaan besoek, met die doel om hom te vergewe vir die pyn en chaos wat hy vir hulle gesin veroorsaak het. Maar dit was nie al nie, God het ook vir haar gesê om in haar man se oor te fluister “moenie bekommerd wees wanneer jy ontslaan word nie, kom terug huis toe”.

Lorna se lewe het verander, hulle huwelik het wonderlik genees en herstel. Vier maande later het haar man weer ‘n hartaanval gehad, maar hierdie keer het hy na sy ewige huis terug gekeer.

Jy kan na hierdie getuienis van Lorna gaan luister op ons webwerf www.reviveourhearts.com Daar sal jy hoor hoe Lorna vertel hoe dankbaar sy is oor haar besluit. Lorna sluit haar getuinenis af met die gedagte, dat sy nie weet waar sy vandag sou wees, indien sy nie daardie besluit geneem het om te vergewe.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …