Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Toe ons kinders was, en my ouers soms ongewilde besluite geneem het, het ons dikwels geprotesteer en gekla dat al die ander mense dit doen, hoekom kan ons dan nie ook nie? Keer op keer was hulle antwoord: “Julle behoort nie aan al die ander nie, julle behoort aan God”.

Vroeg vroeg het ek geleer wat dit beteken om afgesonder te wees. Dis wat die woord “heilig” beteken – om afgesonder en geskei te word van die res. Dwars deur die bybel lees ons daarvan – Eksodus 20:11 die sewende dag was afgesonder as die heilige Sabbat, in Levitikus 27:30 die eerste gedeelte van ‘n inkomste was die tiende, ‘n heilige offer aan die Here.

Ook in die Nuwe Testament is gelowiges steeds afgesonder om die heilige kinders van God te wees. Om afgesonder te word is nie ‘n straf nie. Dit is ‘n kans om in ‘n intieme verhouding met God self te wees.

1 Petrus 2:9 “Julle, egter, is ‘n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige nasie, ’n volk wat aan God behoort, sodat julle die deugde kan verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig.”

Onthou daarom vandag dat jy aan God behoort. Om afgesonder te wees van sonde en afgesonder te wees vir God, is ‘n groot voorreg.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …