Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Nog iets wat 'n diamantring so mooi maak, is al die ligrefleksies wat skitter, wanneer jy die pragtig geslypte diamant vanuit verskillende hoeke bekyk. Ek dink dis baie soos liefde.
Die apostel Paulus help ons om ware, goddelike liefde vanuit verskeie hoeke te sien. In 1 Korintiërs 13 praat hy van vyftien verskillende eienskappe van liefde, asof hy 'n diamant teen die lig hou.
Elkeen van ons weet, dat ons eie diamant-hart wel ‘n paar liefdes foute het. Hopelike is ons nie meer daardie rowwe ongeslypte diamant nie!
God se Woord is soos 'n vergrootglas wat my die areas uitwys waar ek af gevyl moet word. Wanneer ons bereid is dat die Meester ons harte ondersoek, sal Hy ons ook help om al hoe mooier te word.
Met dit in gedagte, wil jy dalk met nuwe oë na 1 Korintiërs 13 kyk. Vra die Meester om elke stukkie briljantheid in jou liefdeslewe na vore te bring.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Geestelike groei