Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

1 Korintiërs 13 staan bekend as die “Liefdes hoofstuk” in die Bybel. Dit wys ons wat ware liefde se karakter eienskappe is. Een daarvan is “Liefde is nie jaloers nie.” Kom ons kyk ‘n bietjie wat dit beteken.

Wanneer jy waarlik liefhet, is jy selfs tevrede wanneer net die basiese behoeftes van jou lewe bevredig is, want al die ander dinge is dan onbenullig. Wanneer jy waarlik liefhet, besef jy dat jy ‘n wonderlike geskenk het - ‘n ware verhouding met God. Wat meer het jy dan nodig?

Hierdie soort liefde help jou om dankbaar te wees wanneer jy wel meer as net die basiese kry. Hierdie soort liefde beskerm jou ook daarteen om kwaad of jaloers te word, wanneer jou vriendin ‘n sitkamerstel of ‘n bevordering by die werk kry.

Het jy al 100% jou vertroue in Christus geplaas, om jou van jou sonde te verlos en jou in die regte verhouding met God te plaas? Dit is die eerste stap om ware liefde te beleef.

1 Johannes 4:7 “Geliefdes, laat ons mekaar aanhou liefhê, want volmaakte liefde is van God afkomstig. Elkeen wat so liehet, is uit God gebore en ken God persoonlik.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …