Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, met Nancy DeMoss Wolgemuth.

Soms is dit makliker om te vergewe as jy onthou dat God 'n plan het, ‘n groter plan as wat jy nou kan sien of verstaan. Ons sien so 'n voorbeeld in die lewe van Josef. Sy broers het hom in slawerny verkoop, maar tog, na baie jare se stoei, is Josef op die ou einde in beheer van die hele Egipte geplaas.

Toe sy broers opdaag om kos te koop, het Josef nie terug geslaan met wraak nie. Net soos daar ook in Romeine 12:19 staan. Joesef se antwoord het daarvan getuig dat Hy God se plan verstaan het. "Ja, dit is God wat my gestuur het en nie julle nie! Hy het gesorg dat ek as Farao se raadgewer aangestel word." Genesis 50: 20 “Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.."
Josef het besef dat hy deel was van God se plan om die geskiedenis van nasies te verander. Dit is hierdie perspektief wat hom van wraak weerhou het en hom toegelaat het om te vergewe.

Het iemand jou diep seergemaak? God kan daardie situasie gebruik sodat aan Hom groot eer gebring word, en jy ongekende vrede en vreugde ervaar.
Vergifnis kan die begin van daardie proses in jou eie lewe wees.

Seëngroete van ROH SA

Sleutelwoorde: Vergifnis en Bitterheid

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …