Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Weerspieël my en jou verhoudings dit wat ons oor God glo? As ons nie eens met mekaar oor die weg kan kom nie, waarom sou iemand wat wonder oor die Evangelie, dan wil luister na wat ons oor God te sê het?
Kom ons wees eerlik met mekaar, hoeveel gelowiges is daar wat nie langs dieselfde vuur sit nie? Mense wat nie saam op uitreike wil gaan nie. Komitees waar daar altyd onderliggende spanning is omdat daar lede is wat haaks is met mekaar.
Efesiërs 2:13-14 “Maar nou het julle wat toe ver weg was, deur julle verhouding met Christus naby gekom. Dit is moontlik gemaak deur Christus se dood aan die kruis. Christus het inderdaad vrede tussen ons gebring. Deur sy liggaam aan die kruis te gee het Hy die twee groepe één gemaak; ja, die muur van vyandskap het Hy afgebreek.”
As die skoen jou pas, gaan jy toegelaat dat die Here jou help om die mure van vyandigheid tussen jou en ander gelowiges af te breek? Om dinge reg te maak, sal jou nie net vryheid gee nie, dit sal veral eer aan God bring. As daar iemand is met wie jy versoen moet word, hoekom verootmoedig jy jouself nie en soek vergifnis nie. Jy sal daardeur die krag van die Evangelie demonstreer.
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: Sonde, Bekering, Goddelike karakter