Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Martha Washington het baie uitdagings in die gesig gestaar terwyl sy met een van Amerika se eerste presidente getroud was, maar sy het nie toegelaat dat omstandighede haar emosies beheer nie. Hier is wat sy aan 'n vriendin geskryf het: “Ek is steeds vasbeslote om opgeruimd en gelukkig te wees, ongeag die situasie waarin ek my bevind. Want ek het uit ervaring geleer dat die grootste deel van ons geluk of ellende, van ons gesindheid afhang en nie van ons omstandighede nie.”

Dra jy saadjies van geluk of van ellende saam met jou? As dit aan onsself oorgelaat word, kies ons gewoonlik die negatiewe. Daarom het ons God se hulp en genade nodig. Hy kan saadjies van tevredenheid en vreugde in ons harte plant, wat in enige moeilike situasie sal aanhou lewe.

Die apostel Paulus het in Filippense 4:11 gesê “Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om in alle omstandighede tevrede te wees."

Ons kan dieselfde sê wanneer ons besef dat 'n wyse, liefdevolle en soewereine God elke omstandigheid van ons lewe beheer.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Hoop, Geluk, Ingesteldheid

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …