Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

Ek wil vir jou ‘n ware storie vertel van vergifnis: 'n Voormalige pastoor wat ek ken, het van die Here af weg gedryf en sy vrou vir 'n ander vrou gelos. Kort daarna is sy vrou met Alzheimer se siekte gediagnoseer.

Sy het die stadige, vrees aanjaende siekte en ‘n verlies aan vermoëns, in die gesig gestaar sonder die liefdevolle ondersteuning van haar lewensmaat. Vir ‘n buitestaander kan dit lyk of asof sy alle rede vir woede en bitterheid gehad het, maar God het haar bygestaan om dit met vergifnis in haar hart te aanvaar.

Haar aanvaarding was baie duidelik sigbaar, toe sy met serebrale bloeding na die hospitaal gehaas is. Terwyl haar bewussyn in- en uit geglip het, moes haar kinders naby aan haar staan om mooi te kon hoor wat sy nog vir hulle wou sê. Sy het drie keer herhaal: “Vergewe . . . vergewe . . . vergewe.”

Dieselfde God wat hierdie vrou van bitterheid bewaar het, is gereed om jou te help om te vergewe— hoe donker of benard jou situasie ook al is.
Kolossense 3:13 “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …