Seeking Him Afrikaans Podcast

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy Demoss Wolgemuth.

Het jy jouself al betrap dat jy ook die blameer-speletjie speel?
“As ek ‘n ander man gehad het, sou ek ‘n beter vrou gewees het.”
“Wanneer dinge weer rustiger gaan by die werk sal ek meer geduldig kan wees by die huis.”

Koning Dawid is vir ons ‘ n goeie voorbeeld van iemand wat verantwoordelikheid geneem het vir sy sonde. Psalm 51 is sy gebed van verootmoediging. Luister bietjie hoe hy niemand anders die skuld gee het vir sy sonde nie. Hy sê: “Wees my genadig, o God, in U troue liefde, wis my oortredings uit in U groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in U oë.”

Sal jy vir God vra om enige sonde in jou hart vir jou uit te wys? En dan, in plaas daarvan om ander te blameer, bid soos koning Dawid in vers 9, “Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …