Job se verhaal is vir ons in die Bybel opgeteken sodat hy vir ons ‘n voorbeeld kan wees van hoe ons dit moet hanteer as ons regtig swaarkry.

Ons sien in Job 1:20-22 hoe hy deur sy wroeging en swaarkry, steeds die Here prys en nie sondig nie. Toe sy vrou moedeloos en hooploos raak, sê Job vir haar: “As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?” (Job 2:10) Deur alles het Job met geen woord gesondig nie.

Hoe hanteer jy moeilike situasies? Is jy op ‘n plek waar jy, soos Job se vrou, voel jy kan nie meer nie? Of is jy soos Job, wat God prys en bely dat Hy in beheer is, wat ook al gebeur? As jy dalk ook al met jou gedagtes gesondig het, weet dat die Here genadig is en jou sal vergewe as jy om vergifnis vra.

Die Here sal jou nie verlaat nie. Kom ons staan op en pak die toekoms met nuwe krag aan, soos Job gedoen het.

Related Videos