Retha lees Prediker 2:13–14 uit die nuwe 2020-vertaling. “Ek het ingesien dat daar ‘n voordeel is aan wysheid bo dwaasheid, soos die lig ‘n voordeel is bo die duisternis.

Die wyse het oë in sy kop, maar die dwaas verkeer in die duister.” Die verskil tussen lig en duisternis word beskryf aan die hand van die gebeure in ons land so ruk terug.

Negatiewe gedagtes en emosies gaan saam met duisternis en dwaasheid, terwyl positiewe emosies en hoop met wysheid, lig en orde gepaard gaan. In Matt. 5:14 sê Jesus: “Julle is die lig vir die wêreld.” Retha moedig ons aan om ons lewens skoon te maak, reg te pak en orde te skep sodat ons weer hoop in ons eie gesinne, in onsself en in ons land kan bring en die Vader so verheerlik word.

Sy groet ons met die woorde: “Mag jy hierdie week nie net ‘n geseënde week hê nie, maar ook seën bring waar jy ook al gaan.”

Related Videos