Hierdie week gesels Retha oor hoe iemand lyk wat sy innerlike sterkte begin verloor, wanneer die springkasteel pap raak en die kinders daarvan afval en seerkry. Wat is die waarskuwingstekens wat daarop dui dat jy jou innerlike krag begin verloor?
a.) Jy begin makliker seer kry en maak mense seer. Jy kom agter dat jou verhoudings nie meer is wat dit was nie. Jy raak geïrriteerd met mense en hulle met jou. b.) Jy raak makliker moedeloos, hooploos, moeg en selfs huilerig. c.) Jy het nie genoeg emosionele energie om probleme te hanteer nie. d.) Jy begin om in jouself en God, jou man en kinders se liefde te twyfel. e.) Jy raak selfgerig. f.) Jy verloor selfdissipline. g.) Jy begin jou beginsels prysgee. h.) Jy gebruik ‘n kruk, soos harder werk, pille of ontvlugting om jou probleme te hanteer. Wanneer hierdie waarskuwingstekens ‘n tendens raak, moet jy weet dat daar fout is.
Innerlike sterkte is iets wat kom vanuit jou verhouding met God. Dit is Hy wat vir jou die innerlike sterkte gee. Wanneer jy agterkom dat jy innerlike sterkte begin verloor, is dit daarom belangriker as ooit om by die Here uit te kom en vir innerlike sterkte te bid, soos Paulus in Ef. 3:16.