In die derde en laaste week van die reeks oor innerlike sterkte word ons daaraan herinner dat innerlike sterkte nie vanuit onsself kom nie, maar van God af kom.

Retha lees uit 2 Tim. 1:7 en Fil. 4:13 wat dit bevestig. As ons self probeer om onsself sterk te maak, word ons eintlik hard, soos ‘n springkasteel wat vol sand en nie lug is nie. Dan is ons nie vol van die Heilige Gees nie, maar van onsself. Retha gebruik nog ‘n beeld, die van spaghetti. Wanneer dit rou en hard is, breek dit maklik, maar wanneer dit gekook word, is dit sag en buigsaam.

Wanneer ons deur die Heilige Gees innerlik sterk gemaak word, is ons sterk, maar sag en kan ons genade en liefde gee en die minste en nederig wees, want dit is God wat ons die krag daarvoor gee. Maar wat maak dat ons soms wind verloor en pap word? Dit kan wees dat ons in sonde volhard, dat ons onvergewensgesind is, stiltetyd afskeep, nie meer bid nie. Of daar is onverwerkte trauma. Of ons is lui en gemaksugtig. R. A. Torrey sê: “Luxury is a very subtle, but a very potent enemy of power.” Is jy ‘n opgeblaasde springkasteel wat die uitdagings van die lewe kan hanteer of het jy maar papperig geword? Doen dan moeite om weer by die Here uit te kom en te bid vir innerlike krag van Hom af.

Related Videos