Hierdie is Seeking Him, deur Nancy Demoss Wolgemuth.
In die 70’s is die Christene van Romenië vir 20 jaar lank al, geweldig deur hulle kommunistiese leier en diktator gespot, geteister en verneder. Hy het hulle die bynaam “bekeerlinge” of “berouvolles” gegee. Dis toe dat een pastoor, juis dit vir sy mense begin sê het: “Dit is tyd vir die bekeerlinge om berou te hê en hulle te bekeer.”
Die mense van daardie gemeente het ‘n verbond met God aan gegaan om berou te toon en hulle te bekeer. Hulle het hulle gedrag radikaal verander en gou het ander mense dit raak gesien. Naderhand was daardie hele streek aan die brand met ‘n geestelike herlewing. Die invloed van daardie bekeerlinge is deur die hele Oos Europa en die wêreld gevoel.
In die geskiedenis is elke beweging van herlewing voorafgegaan deur intense berou. Maar dit is nie net belangrik in tye van ‘n gemeenskaplike geestelike herlewing nie; elkeen van ons moet berou toon sodat ons ‘n persoonlike herlewing kan ervaar. God sê in Maleagi 3:7 “Keer terug na My toe en Ek sal na julle toe terugkeer.”
Is God besig om jou te roep om berou te toon en na Hom toe terug te draai? Dit is is tyd vir die bekeerlinge van vandag om berou te hê vir wat in ons eie lewens en in die wêreld aangaan.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: