Hierdie is Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.
Vriendelikheid, goedhartigheid, gaafheid. Ongelukkig het nie een van hierdie afrikaanse woorde dieselfde gevoelsimpak wat die engelse woord “kindness” het nie. “Kindness” is goedhartigheid met 'n gevoel van empatie daarby.
Volgens 1 Korintiërs 13 is een van die kenmerke van liefde, goedhartigheid. Dit is ook 'n vrug van die Gees.
Goedhartigheid kan verskillende vorme aanneem in verskillende seisoene van die lewe. Maar daar is vir almal van ons soveel waarde daarin om ‘n boodskappie te ontvang,“ wanneer God iemand aan jou herinner, nie waar nie? Om sensitief te wees wanneer jy luister, empatie te toon en selfs ook om in iemand se praktiese behoeftes te voorsien, dis hoe goedhartigheid lyk.
Goedhartigheid behels nie net liefdevolle dade nie. Dit behels ook om dit met 'n liefdevolle hart te doen—om op te tree deur God se krag en tot Sy eer.
Omtrent almal van ons is hierdie tyd van die jaar moeg en gedaan. Hoe kan jy vandag sensitief wees en goedhartigheid bewys?
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Geestelike groei