Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Eric Henry Liddell was 'n Skotse atleet. Hy is in China, gebore. Sy ouers was sendelinge, maar hy het later in Londen skool gegaan.
Tydens die 1924 Olimpiese Spele in Parys het hierdie twintig jarige atleet “nee” vir homself en ”ja” vir God gesê. Eric het uit sy sterkste item onttrek - die 100m - omdat die uitdun rondtes op ‘n Sondag plaasgevind het. Hy het toe vir die 400m in geskryf, al het hy glad nie daarvoor voorberei nie, en boonop toe die goue medale daarin gewen!
Na die Olimpiese Spele het Eric ook as sendeling in China gaan werk, hy het aangehou om vir homself “nee” en “ja” vir God te sê. In 1943 is hy gevange geneem. In ‘n Japanese konsentrasiekamp het hy voort gegaan om God te dien en met vreugde die evangelie aan die ander gevangenes gebring.
Terwyl hy nog in die konsentrasiekamp was het Eric ‘n gewas op sy brein ontwikkel wat hom gedeeltelik verlam het. Op sy sterfbed was sy laaste woorde aan die verpleegster: “Annie, dit is totale oorgawe”. Liddell se getuienis is ‘n kragtige herinnering om “nee” vir ons eie ek en “ja” vir God te sê.
Matteus 16:24: “Jesus het toe vir Sy dissipels gesê: “As julle My volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: