Hierdie is Seeking Him, deur Nancy Demoss Wolgemuth.
Wanneer jy van kleins af in die kerk groot geword het, hoor jy waarskynlik jou lewe lank al van God se genade. Maar weet jy presies wat hierdie genade behels?
Ek het jare gelede ‘n verduideliking gehoor wat my baie gehelp het. Verbeel jou ‘n pa vind uit dat sy seun vermoor is. Hy spoor die moordenaar op en maak hom dood. Ons sal dit vergelding of wraak noem.
Gestel die pa bel eerder die polisie en die skuldige party word gearresteer, verhoor, skuldig bevind en gestraf - dit noem ons geregtigheid.
Maar sê nou maar die pa pleit by die regter om die moordenaar se lewe te spaar. Dit sal as barmhartigheid gesien word.
In die laaste senario, vra die pa die regter vir toesig oor sy seun se moordenaar. Die pa neem die man in sy huis in, hy neem hom aan en het hom lief soos sy eie seun. Dit klink ondenkbaar, maar dit is presies wat God vir ons gedoen het. Dit is wat genade is! Johannes 1:16 “Uit Sy volheid het ons almal ‘n oorvloed genade ontvang.
Indien jy nie onlangs God vir Sy genade gedank het nie, wil jy nie hier en nou met Hom daaroor gesels nie?
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: