Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

‘n Vriendin vertel hoe besig haar kinders se skedule is met allerlei aktiwiteite. Daar is gimnastiek en hokkie en klavierlesse vir haar dogters. Haar seun is in die skaak klub en dan sing hulle almal boonop in die jeugkoor.

Dit is wonderlik dat kinders nuwe vaardighede aanleer en ervaar. Maar die eintlike en heel belangrikste vaardigheid wat hulle kan leer, gaan jou dalk nou ontkant betrap. Dit is om ‘n daaglikse stiltetyd te ontwikkel - tyd in gebed en met God se Woord.

Dit is regtig nodig dat ouers elke nou en dan evalueer wat die aktiwiteite is waaraan hulle kinders deelneem. Indien daar nie vir jou of jou kinders genoeg tyd is om ‘n verhouding met God te ontwikkel nie, is dit ‘n rooi vlag wat opskiet om jou te wys dat dit dringend nodig is om iets uit julle skedule uit te sny.

Onthou die woorde van Psalm 119:9 “Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!”

Is God se Woord ‘n prioriteit in jou kinders se lewens?

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …