Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Die wêreld het ‘n antwoord reg vir almal wat voel of hulle waardeloos is. “Vriendin, jy moet net leer om vir jouself lief te wees”.

In der waarheid het ons onsself lief - oordadiglik ja! Wanneer Jesus sê ons moet ons naaste liefhê soos onsself, weet Hy dat ons van nature onsself reeds liefhet. Dieselfde punt geld wanneer Paulus in Effesiërs 5:28 sê “Net so is die mans verplig om hulle eie vroue soos hulle eie liggame lief te hê. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief. Niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie; inteendeel, hy voed en koester dit, soos Christus sy kerk.” Met ander woorde, mans moet hulle vrouens liefhê soos hulle van nature hulleself alreeds liefhet.

Ons is voortdurend besig om onsself te beskerm - tog so sensitief vir hoe ander mense ons behandel; ons voel so maklik seer gemaak en te na gekom. Dis nie omdat ons nie lief is vir onsself nie, maar omdat ons desperaat is om deur mense aanvaar te word.

Die enigste manier om jou doel en waarde in hierdie lewe te verstaan, is om jouself te sien soos God jou sien - ‘n sondaar wat Sy barmhartigheid desperaat nodig het. Ons vind ons waarde deur God se ongelooflike liefde te aanvaar en dit dan weer met ander te deel.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By