Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

 

‘n Briefie wat ons ontvang het: “Dit was vir my so moeilik om te leer om my verdedigingsmeganisme te laat vaar. Dit was asof ek ’n dop om my gehad het. Ek het vriendelik en beleefd opgetree, maar nooit my werklike siel of ware self gewys nie.”

 

Ek dink een van die redes waarom soveel mense in eensaamheid leef, is omdat hulle nie bereid is om aan hulle self te sterf nie. Jesus het gesê: “Wie sy lewe liefhet, verloor dit; maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.”Johannes 12:25 In hierdie hoofstuk het Jesus van sy eie dood en opstanding gepraat. Maar ek dink ons kan ook iets oor ons verhoudings uit hierdie woorde leer.

 

As ons voortdurend probeer om net onsself te beskerm, sal ons eensaam word. Wanneer ons vasklou aan die harde, uiterlike dop wat “die self” genoem word, kan niemand naby kom nie. Die ware pad na intimiteit is nederigheid. Dit beteken om te sterf vir ons eie reputasie, regte en onverbiddelike idees en manier van dinge doen.

 

Die bereidwilligheid om jou hart beskikbaar te maak, sal verseker jou verhoudings met ander transformeer. 

 

Seëngroete van ROHSA

 

Sleutelwoorde: Gebrokenheid & Trots

 

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …