Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Spreuke hoofstuk 7 vertel ons van 'n jong man wat verby die huis van 'n dwase vrou gedwaal het. Sy’t vir hom gesê: "My man is nie tuis nie; hy het op 'n lang reis gegaan," en sy lok hom toe in 'n immorele verhouding in .
Dit is duidelik dat hierdie vrou onvervulde begeertes in haar huis gehad het. Miskien was haar man meer weg as wat sy aanvanklik verwag het. Maar eerder as om na God te kyk om die diepste behoeftes en verlange van haar hart te vervul, fokus sy toe nie op wat sy wel het nie. Sy laat toe versoekings in haar gedagtes toe, om daardie begeertes te probeer vervul.
Ons het al van soveel vroue gehoor wat vandag nog dieselfde doen. Hoeveel mense ken jy wat in weerwraak reageer op probleme by die huis, met dinge soos ongeoorloofde internet verhoudings of 'n verkeerde verhouding met ‘n kollega of instrukteur. Waarskynlik het dit selfs eers baie onskuldig begin.
As daar dinge is wat jy wens anders was omtrent jou man, vra God om jou te wys hoe om met wysheid te reageer. Fokus op wat God jou gegee het. Vind jou tevredenheid in Hom, en Hy sal jou help om daardie baie dwase keuses te vermy.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Huwelik