Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Wanneer moet ons vergewe? Hier is wat Jesus gesê het: “En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef. ” (Markus 11:25).

“Wanneer julle staan ​​en bid,” wanneer julle kerk toe gaan, wanneer julle in 'n gebedsbyeenkoms is, of wanneer julle stiltetyd het – is daar 'n probleem wat by jou opkom? Is daar 'n onopgeloste konflik wat jou gesprek met die Here belemmer?

“As julle iets teen iemand het...” Dit sluit elke moontlike oortreding in wat ek in my hart mag koester.

Jesus sê in Matteus 6:14: “Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Beleef jy ook die erns van die saak? In jou volgende stiltetyd, vra God dat Hy jou wys of jy vergifnis aan iemand moet bied.

 

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Vergifnis

Browse Past Episodes By