Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

“Wees stil en weet dat Ek God is.” Dis ’n gewilde frase uit die Bybel—een wat jy sekerlik al voorheen gehoor het. Het jy geweet dat daardie vers in ’n konteks baie soos ons s’n geskryf is? Dis ‘n aanhaling uit Psalm 46, wat sê: “Nasies was onstuimig, koninkryke het gewankel” (v. 6). Dit beskryf groot internasionale onrus, net soos ons dit vandag beleef.

Maar God is betrokke by die wêreld. Vers 9 sê: “Kom kyk na die dade van die Here, Hy wat skrikwekkende dinge op aarde doen, wat oorloë laat ophou
tot aan die einde van die aarde. Boë breek Hy stukkend en Hy verpletter spiese;
waens verbrand Hy in die vuur.”

Hierdie is nie net geskiedenis nie, dis ook relevant in my en jou lewens. So wat moet ons intussen doen? Laat gaan die angs en bekommernis, moenie probeer om self beheer te neem of alles uit te pluis nie.
Soms moet ons net die nuus kanale afskakel en luister na wat God deur Sy Woord te sê het. “Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde. Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, 'n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.”

 

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By