Die boek Spreuke gee vir ons praktiese raad oor hoe om die spinnerakke van die lewe te vermy wat die duiwel vir ons span om ons te verlei, mislei en vas te vang. In die eerste paar verse van Spreuke word self verduidelik hoekom ons hierdie Spreuke nodig het. Ons leer van wysheid, onderskeiding, dissipline, kennis, ‘n sin vir regverdigheid, reg en billikheid, verstandigheid, kennis, oorleg en insig in Spreuke.
Daarom het Retha besluit om die volgende paar Lewensaadjies uit Spreuke uit voor te berei, sodat ons die versoekings en aanslae van ons tyd kan weerstaan. Spr. 27:12 waarsku dat ons onheil moet sien kom sodat dit ons nie tref en ons daarvoor boet nie. Retha moedig ons aan om Spreuke te lees en te leer om met oop oë deur die lewe te gaan sodat ons nie met spinnekoppe op ons bors gevang word nie.