In Spr. 1-9 word wysheid en dwaasheid met ‘n vrou vergelyk, ‘n goeie, wyse vrou en ‘n slegte, dwase vrou. Wysheid is beskikbaar vir enige een, dit is oop vir almal (Spr. 1:20), terwyl die dwaas agteraf en in die geheim optree (Spr. 9:13) en dit lei tot die dood.
Wysheid begin met die dien van die Here, maar jy moet dit soek, jy moet die Heilige ken en Sy Woord beter leer ken. Jy moet ingestel wees op die vind van wysheid. In Spr. 2 staan daar dat dit inspanning verg. Het jy al gekies om die Here te dien en die pad van wysheid te stap? Spandeer dan tyd in die Woord, tyd saam met ander wyses en ken Hom in alles wat jy doen.