In Spr. 6 word daar sewe goed genoem wat God haat. Retha wil die week stilstaan by hoogmoed. In Spreuke is daar geweldig baie verse wat gaan oor hoogmoed en nederigheid. Daar staan ten minste vier keer dat hoogmoed tot ‘n val kom, maar dat nederigheid eer bring. Selfverheffing lei tot sonde. In Spr. 30 staan daar: “As jy verwaand opgetree en jou aangestel het, of as jy slegte bedoelings het, hou op daarmee.”
Moenie meer van jouself dink as wat nodig is nie. Dit is die oorsaak van baie sondes. Sien jy verwaandheid in jouself raak, of sien ander dit in jou raak? Hoogmoed lei tot ‘n val en nederigheid bring eer. Wees nederig en wag op God se verheerliking.